Super Sokkie Cruise

6-9 Maart 2020

Skop uit jou skoene en kom geniet die heel beste Afrikaanse kunstenaars op die grootste drywende dansbaan in die Indiese Oseaan!

Met Kurt Darren, Juanita du Plessis, Dirk van der Westhuizen, DJ Ossewa, Ruan Josh, Franja du Plessis en Die Campbells is jy gewaarborg van ‘n onvergeetlike bootreis wat slegs die Super Sokkie Cruise kan aanbied.

Super Sokkie passasiers kry nie net toegang na al die Super Sokkie vertonings nie, maar ook geskenkpakkies met geskenkbewyse van onder andere Gary Rom en Placecol.

Vertrek vanaf Durban na die Portugese Eiland…

Vrydagmiddag: “Sailing Away Party” met MSC, kom ontmoet al die Super Sokkie kunstenaars!

Vrydagaand: Super Sokkie uur in die dansklub, kom sokkie op lekker Afrikaanse musiek. (22h00 tot 23h00)

Saterdagaand: Die Super Sokkie vertoning op die hoofdek! Partytjie tot na middernag terwyl jou gunstelinge in die Afrikaanse musiek bedryf hulle grootste treffers sing. Kom dans en sing saam met Loslappie, Rooi Rok Bokkie, Stukkie van der Merwe tot Ska Rumba en vele meer… (4 ure lange vertoning)

Sondagmiddag: Eksklusief & Intiem. Toegang slegs vir Super Sokkie passasiers. Leer jou gunsteling kunstenaar beter ken met ‘n eksklusiewe musiek vertoning in die teater. Hierdie een kan jy nie misloop nie!

Bespreek nou om te kwalifiseer vir jou afslag. ‘n R3000 deposito is al wat dit kos om jou kajuit te bevestig. Die balans is slegs 75 dae voor die reis betaalbaar.

Wanneer jy bespreek maak seker jy kies die Super Sokkie skakel.

Om jou plek te bespreek besoek: MSC Cruises

Twitter: @SuperEventsSA
Facebook: @SuperEventsSA
Instagram: @supereventssa
Instagram has returned invalid data.
Close Menu